1 Kinders, neem die opvoeding wat 'n vader julle gee, ter harte;slaan daarop ag, sodat julle kan leer wat insig is,
2 want wat ek julle leer, is goed;moenie die onderrig wat ek gee, versmaai nie.
3 Ek was ook eenkeer 'n kind,my moeder se oogappel, haar enigste.
4 My vader het my toe ook geleer en vir my gesê:“Wat ek jou sê, moet jy vashou,my voorskrifte moet jy uitvoer, sodat jy werklik kan lewe.