5 Sorg dat jy wysheid bekom, en insig!Moenie my woorde vergeet en daarvan afwyk nie;
6 maak die wysheid jou metgesel, dit sal jou beskerm;as jy dit liefhet, sal dit jou veilig bewaar.
7 Die wysheid kom eerste.Sorg dat jy wysheid bekom,gee alles wat jy het, om insig te kry!
8 Slaan dit hoog aan, dan sal dit aan jou aansien gee.Dit sal jou 'n man van betekenis maak as jy dit vasgryp.
9 Dit sal jou lewe versier,dit sal vir jou 'n sierlike kroon wees.”
10 Luister, my seun, en aanvaar wat ek jou sê;dit sal jou lewensjare baie maak.
11 Ek sal jou leer wat die pad van die wysheid isen jou die regte koers laat loop.