9 Dit is skemeraand, die nag se donker slaan toe.
10 Daar kom die vrou hom tegemoet;sy dra die klere van 'n prostituut,sy is 'n vrou met listige planne.
11 Sy is luidrugtig en uitdagend,haar huis is te nou vir haar;
12 sy maak haar ronde in die strate, op die stadspleine,sy staan op loer by elke hoek.
13 Sy gryp die jongman en soen hom,onbeskaamd sê sy vir hom:
14 “Ek moes maaltydoffers bringen ek het vandag juis my geloftes betaal.
15 Daarom het ek jou kom soek,ek was op die uitkyk na jou en nou het ek jou gekry.