1 Dit is Wysheid self wat roep,dit is Insig wat haar stem laat hoor.
2 Op die hoogtes langs die pad,by die kruispaaie, gaan sy staan,
3 langs die stadspoorte, by die ingange,skree sy dit uit:
4 “Ek roep na julle, mense, ek roep na alle mense:
5 Dié wat ervaring kortkom, kan verstandig word,dié wat dwaas optree, kan insig kry.
6 Luister, want wat ek sê, is die moeite werd,elke woord van my is opreg.