17 Ek het dié lief wat my liefhet;dié wat my soek, vind my.
18 Wie my het, het rykdom en eer,het duursame en blywende besittings.
19 Wat ek vir jou lewer,is beter as goud, selfs fyn goud;wat ek inbring,is meer werd as die suiwerste silwer.
20 Waar ek gaan, is daar geregtigheid,my pad is dié van die reg.
21 Ek maak dié wat my liefhet, ryk,ek maak hulle skure vol.
22 “Die Here het my geskep, Hy het met my begin;ek is die eerste wat Hy gemaak het, lank, lank gelede.
23 Ek is lankal daar, van die begin af,voor die aarde daar was.