5 “Kom eet by my,kom drink van die wyn wat ek reggesit het!
6 Neem afskeid van die onkunde, dat julle kan lewe,kom op die pad van die insig!”
7 Wie iemand so opvoed dat hy 'n ligsinnige mens word,moet die verwyt daarvoor dra;wie iemand so leer dat hy 'n goddelose word,doen dit tot sy eie skande.
8 Moenie 'n ligsinnige mens probeer opvoed nie,hy sal jou daarvoor haat.Voed 'n wyse op, en hy sal lief wees vir jou.
9 Gee jou aandag aan 'n wyse mens, en hy kry meer wysheid,leer 'n regverdige, en sy kennis vermeerder.
10 Wysheid begin met die dien van die Here;wie die Heilige ken, het werklik insig.
11 As jy wysheid het, sal jy lank lewe,jou lewensjare sal vermeerder word.