11 As mense ander gelowiges haat, dan lewe hulle in die donker. Hulle is soos mense wat in die donker loop en nie weet waarnatoe hulle gaan nie, want die donker maak hulle blind.
12 Vriende, ek skryf hierdie briefvir julle,julle kan seker wees dat Godjulle sondes vergewe het.
13 Julle wat eerste begin hetom te glo,ek skryf hierdie brief vir julle,julle kan seker wees dat julleJesus van die begin af ken.Julle wat later begin hetom te glo,ek skryf hierdie brief vir julle,julle kan seker wees dat julle die duiwel oorwin het.
14 Ja, vriende, ek skryfhierdie brief vir julle,julle kan seker wees dat julledie Vader ken.Julle wat eerste begin hetom te glo,ek skryf hierdie brief vir julle,julle kan seker wees dat julleJesus van die begin af ken.Julle wat later begin hetom te glo,ek skryf hierdie brief vir julle,julle kan seker weesdat julle sterk isen dat julle alles aanvaarwat God sê en dat julledie duiwel oorwin het.
15 Julle moenie lief wees vir hierdie sondige wêreld en vir die dinge van die wêreld nie. As julle lief is vir die wêreld, dan is julle nie lief vir die Vader nie.
16 Die mense van die wêreld doen graag slegte dinge, hulle wil alles hê wat hulle sien, hulle is hoogmoedig oor wat hulle doen. Dit alles kom van die wêreld, dit kom nie van die Vader nie.
17 Die wêreld en die dinge wat die mense van die wêreld graag doen, sal verdwyn, maar almal wat doen wat God wil hê, sal altyd lewe.