8 Maar ’n mens kan ook sê dit is ’n nuwe wet wat ek vir julle gee, want wat Jesus gedoen het en wat julle doen, maak die wet nuut en waar. Die donker gaan verby en die ware lig skyn nou.
9 As mense sê dat hulle in die lig van God lewe, maar hulle haat ander gelowiges, dan lewe daardie mense nog altyd in die donker.
10 As mense lief is vir ander gelowiges, dan bly hulle in die lig. Daar is niks wat hulle verkeerde dinge laat doen nie.
11 As mense ander gelowiges haat, dan lewe hulle in die donker. Hulle is soos mense wat in die donker loop en nie weet waarnatoe hulle gaan nie, want die donker maak hulle blind.
12 Vriende, ek skryf hierdie briefvir julle,julle kan seker wees dat Godjulle sondes vergewe het.
13 Julle wat eerste begin hetom te glo,ek skryf hierdie brief vir julle,julle kan seker wees dat julleJesus van die begin af ken.Julle wat later begin hetom te glo,ek skryf hierdie brief vir julle,julle kan seker wees dat julle die duiwel oorwin het.
14 Ja, vriende, ek skryfhierdie brief vir julle,julle kan seker wees dat julledie Vader ken.Julle wat eerste begin hetom te glo,ek skryf hierdie brief vir julle,julle kan seker wees dat julleJesus van die begin af ken.Julle wat later begin hetom te glo,ek skryf hierdie brief vir julle,julle kan seker weesdat julle sterk isen dat julle alles aanvaarwat God sê en dat julledie duiwel oorwin het.