10 Iemand wat lief is vir die leween wat graag goeie dingewil hê,moenie sleg praatvan mense nieen hy moenie lieg nie.
11 Hy moenie verkeerde dingedoen nie,hy moet goeie dinge doen,hy moet altyd probeerom vrede te maak.
12 Want die Here kykna die mense wat reg leween Hy sorg vir hulle.Hy luister wanneer hulle roepen vra dat Hy hulle moet help.Maar die Here hou nie van mensewat verkeerde dinge doen nie.
13 Dit is seker: Niemand sal slegte dinge doen aan julle as julle baie graag goeie dinge wil doen nie.
14 Nee, julle is gelukkige mense as julle swaarkry omdat julle doen wat die Here wil hê. Maar julle moenie bang wees vir die mense wat julle laat swaarkry nie, en julle moenie bekommerd wees nie.
15 Julle moet onthou dat Christus heilig is en dat Hy die Here is. Julle weet van die dinge wat sal gebeur, julle is seker daarvan. Wanneer mense vir julle vra om te vertel van daardie dinge, dan moet julle altyd gereed wees om vir elkeen te vertel van die dinge.
16 Maar julle moet nederig wees wanneer julle dit vertel en julle moet vir God respekteer. Daar is mense wat vir julle beledig, want julle doen goeie dinge omdat julle in Christus glo. Julle moet goed onthou wat is reg en wat is verkeerd, sodat die mense wat vir julle beledig, self skaam sal word.