1 Petrus 3:12-18 ABA

12 Want die Here kykna die mense wat reg leween Hy sorg vir hulle.Hy luister wanneer hulle roepen vra dat Hy hulle moet help.Maar die Here hou nie van mensewat verkeerde dinge doen nie.

13 Dit is seker: Niemand sal slegte dinge doen aan julle as julle baie graag goeie dinge wil doen nie.

14 Nee, julle is gelukkige mense as julle swaarkry omdat julle doen wat die Here wil hê. Maar julle moenie bang wees vir die mense wat julle laat swaarkry nie, en julle moenie bekommerd wees nie.

15 Julle moet onthou dat Christus heilig is en dat Hy die Here is. Julle weet van die dinge wat sal gebeur, julle is seker daarvan. Wanneer mense vir julle vra om te vertel van daardie dinge, dan moet julle altyd gereed wees om vir elkeen te vertel van die dinge.

16 Maar julle moet nederig wees wanneer julle dit vertel en julle moet vir God respekteer. Daar is mense wat vir julle beledig, want julle doen goeie dinge omdat julle in Christus glo. Julle moet goed onthou wat is reg en wat is verkeerd, sodat die mense wat vir julle beledig, self skaam sal word.

17 Want as God wil hê dat julle moet swaarkry, dan is dit beter dat julle swaarkry omdat julle goeie dinge doen, beter as dat julle swaarkry omdat julle slegte dinge doen.

18 Want Christus het ook net een maal swaargekry en gesterf om sondaars te red van hulle sondes. Hy was onskuldig, maar Hy het gesterf sodat mense wat sonde gedoen het, kan lewe. Hy het gesterf sodat Hy vir julle na God kan bring. Die mense het die mens Christus doodgemaak, maar die Gees van God het vir Christus weer laat lewe.