17 Vriende, ons is nou ’n kort tydjie nie by julle nie. Ons voel soos kinders wat nie ouers het nie. Julle kan ons nie sien nie, maar in ons harte dink ons aan julle. Ons het regtig baie hard probeer om by julle te kom, ons het baie verlang om julle weer te sien.
18 Ja, ons wou regtig na julle toe kom. Ek, Paulus, het self meer as een maal probeer om te kom, maar die Satan het ons gekeer.
19 Julle moenie luister na wat ander mense sê nie. Dit is net julle en die ander gelowiges wat ons laat hoop, ons kan bly wees oor julle. Wat sal ons kry vir die werk wat ons gedoen het? Wat sal ons vir die Here Jesus kan wys wanneer Hy weer kom? Ons sal net julle en die ander gelowiges vir Hom kan wys.
20 Júlle is die mense op wie ons trots sal wees, ons sal bly wees oor julle.