15 As iemand slegte dinge gedoen het aan jou, dan moet jy nie ook slegte dinge doen aan hom nie. Julle moet keer sodat niemand dit doen nie. Julle moet altyd goeie dinge probeer doen vir mekaar en vir al die mense.
16 Julle moet altyd bly wees.
17 Julle moenie ophou bid nie.
18 Julle moet altyd dankbaar wees, dit maak nie saak wat gebeur nie. Dit is wat God wil hê julle moet doen omdat julle in Christus Jesus glo.
19 Julle moenie keer wanneer die Heilige Gees werk nie.
20 Dit beteken julle moenie ’n profeet stilmaak nie.
21 Maar julle moet ook nie alles glo wat mense sê nie. Julle moet toets wat mense sê en kyk of dit regtig is wat God wil hê. Dan sal julle weet wat goed is.