17 Hierdie vals leermeesters is soos fonteine wat droog is, daar kom nie water uit nie. Hulle is soos miswolke, ’n stormwind waai hulle weg. Daarom het die Here vir hulle ’n plek gereedgemaak in die donker plek, die baie donker plek.
18 Hulle dink hulle sê baie belangrike dinge, maar hulle woorde beteken niks. Hulle wil mense verlei om ook slegte dinge te doen, mense wat probeer om weg te kom van mense wat verkeerd lewe.
19 Die vals leermeesters belowe dat hulle die mense vry sal maak, maar die vals leermeesters is self slawe van alles wat sleg en swak is, want wanneer iets jou oorwin het, dan is jy sy slaaf.
20 Die vals leermeesters het voorheen die vuil dinge van die wêreld gedoen, maar hulle het dit gelos omdat hulle ons Here en Redder Jesus Christus goed leer ken het. Maar toe het hulle weer die vuil dinge begin doen en hulle het slawe geword van daardie vuil dinge. Wanneer dit gebeur, dan is hulle nog slegter as wat hulle voorheen was.
21 As hulle nie geweet het wat die Here sê en hoe hulle moet lewe nie, dan was dit beter vir hulle. Maar nou weet hulle dit, hulle het dit gehoor by die apostels, maar hulle het opgehou om te doen wat die Here wil hê.
22 Hulle het gedoen soos die spreekwoorde sê, spreekwoorde wat waar is: ’n Hond kom terug na die koswat hy opgebring heten’n Vark wat skoon gewas is,gaan terug om weerin die modder te rol.