1 Ek, Paulus, saam met Silvanus en Timoteus, skryf hierdie brief vir julle, julle wat die gemeente in Tessalonika is en wat behoort aan God ons Vader en aan die Here Jesus Christus.
2 Ons groet julle. Ons bid dat God ons Vader en die Here Jesus Christus genadig sal wees vir julle en dat Hy vrede vir julle sal gee.
3 Vriende, ons wil altyd vir God dankie sê oor julle, en ons moet dit doen, want julle glo meer en meer en julle almal is meer en meer lief vir mekaar.
4 Daarom sê ons mooi dinge oor julle in die ander gemeentes van God. Ons vertel vir hulle dat julle aanhou om lief te wees vir God en dat julle aanhou om vas te glo, ook wanneer julle baie swaar kry omdat mense baie slegte dinge aan julle doen en julle verdruk.
5 Julle kry swaar, en dit wys dat God reg oordeel oor mense. Julle kry nou swaar omdat julle behoort aan God wat Koning is, maar so maak God julle gereed vir die tyd wanneer Hy Koning sal wees oor almal.
6 God doen reg, want Hy sal die mense wat vir julle verdruk, ook laat swaarkry.