8 Jy moenie skaam wees om vir mense te vertel van ons Here nie. En ook, jy moenie skaam wees oor my wat in die tronk is omdat ek aan die Here behoort nie. Nee, jy moet saam met my swaarkry wanneer jy die goeie boodskap vir mense bring, want God sal vir jou die krag gee om dit te doen.
9 Toe God ons gered en gekies het, het Hy ons gewy om aan Hom te behoort. Hy het dit gedoen, maar nie omdat óns iets gedoen het nie. Nee, Hy het ons gered omdat Hy self besluit het om genadig te wees vir ons. Voordat die tyd begin het, het God besluit dat ons aan Christus Jesus moet behoort.
10 En nou het God dit vir ons gewys sodat ons dit self kon sien. Christus Jesus het gekom, Hy is die Een wat ons red. Hy het die dood heeltemal oorwin toe Hy die goeie boodskap gebring het, die goeie boodskap wat duidelik vir ons wys wat die lewe is wat nooit sal ophou nie.
11 God het my gekies en aangestel om hierdie goeie boodskap te gaan preek en om ’n apostel te wees en vir die gelowiges te leer.
12 Dit is hoekom ek nou swaarkry. Maar ek is nie skaam daaroor nie, want ek weet in wie ek geglo het en nog altyd glo, en ek is baie seker dat God die krag het om dit wat Hy vir my gegee het, goed op te pas tot op daardie dag wanneer Christus weer kom.
13 Jy het gehoor hoe ek vir mense die regte dinge geleer het. Dit moet vir jou ’n voorbeeld wees hoe jy vir mense moet leer, en jy moet aanhou om in Christus Jesus te glo en om lief te wees vir mense.
14 God het vir jou dinge gegee wat baie goed is, jy moet dit goed oppas. Die Heilige Gees wat in ons woon, sal jou help om dit te doen.