1 Liewe Gaius, ek, die ouderling, skryf hierdie brief vir jou. Ek is lief vir jou, want ons altwee ken die waarheid wat van God kom.
2 Liewe vriend, ek bid dat alles goed sal gaan met jou. Ek bid dat dit met jou gesondheid ook goed sal gaan, so goed soos dit met jou geloof gaan.
3 Ek was baie bly toe party van die gelowiges van ons gemeente kom vertel het dat jy die waarheid ken en doen wat God vir ons sê.
4 Dit maak my baie baie bly wanneer ek hoor dat ons gelowiges doen wat God vir ons sê.
5 Liewe vriend, jy doen altyd die regte dinge, want jy help al die gelowiges wat daar by jou aankom, en dit is gelowiges wat jy nie ken nie.
6 Hulle het vir die gemeente hier vertel van jou liefde. Ek stuur hulle nou weer na jou toe. Dit sal goed wees as jy hulle help sodat hulle verder kan gaan soos God wil hê hulle moet gaan.