29 Julle moenie slegte dinge van mense sê nie, julle moet net dinge sê wat hulle geloof sterker sal maak en wat hulle sal help om te weet dat God goed is.
30 Julle moenie die Heilige Gees van God hartseer maak nie. Die Heilige Gees wys dat julle aan God behoort en dat God julle eendag heeltemal vry sal maak.
31 Julle moenie ander mense haat en net die slegte dinge onthou wat hulle gedoen het nie. Julle moenie kwaad word of mense straf of vir hulle skree of lelike dinge van hulle sê nie. Julle moet niks doen wat sleg is nie.
32 Julle moet vriendelik wees met mekaar. Julle moet jammer wees vir mekaar en julle moet vir mekaar help. Christus het gesterf en God het julle vergewe. Daarom moet julle mekaar ook so vergewe.