5 Julle het almal een Here, julle glo dieselfde dinge, julle is almal gedoop.
6 Julle behoort almal aan dieselfde God. Hy is die Vader van almal. Hy regeer oor almal en oor alles, Hy laat almal en alles vir Hom werk, Hy is in almal.
7 Christus het vir elkeen van ons die genadegawe gegee wat Hy vir ons wou gee. Die genadegawe wat Hy vir ons gegee het, is soos ’n present.
8 Daarom lees ons in die Ou Testament: Hy het opgegaan na die hemelen Hy het gevangenessaamgeneem,Hy het vir die mensepresente gegee.
9 Ons lees:Hy het opgegaan.Dit beteken Christus het eers afgekom ondertoe, na die aarde.
10 Ja, Christus het afgekom na die aarde en toe het Hy weer teruggegaan na die hoogste hemel. Hy het dit gedoen sodat Hy oral en altyd kan regeer.
11 En Christus het vir ons presente, genadegawes, gegee. Die genadegawes is die apostels, die profete, en die leiers wat die goeie boodskap bring of vir die gelowiges sorg of vir hulle leer.