21 Julle respekteer vir Christus, daarom moet julle mekaar dien.
22 Vroue, julle dien die Here, daarom moet julle ook julle mans dien,
23 want die man is die hoof van sy vrou, soos Christus die hoof van die kerk is. Die kerk is Christus se liggaam en Hy het die kerk gered.
24 Maar die kerk dien vir Christus, en so moet die vroue ook altyd hulle mans dien.
25 Mans, julle moet lief wees vir julle vroue, soos Christus lief is vir die kerk. Christus het gesterf sodat die kerk kan lewe.
26 Hy het gesterf sodat die kerk, die gelowiges, aan God kan behoort. Nou is hulle rein, want hulle is gedoop en Christus het gesê hulle behoort aan Hom.
27 Christus het gesterf sodat die kerk sy bruid kan wees, ’n bruid wat baie mooi is. Christus wou hê die gelowiges moet niks sonde doen nie en hulle moet heeltemal reg lewe.