26 Hy het gesterf sodat die kerk, die gelowiges, aan God kan behoort. Nou is hulle rein, want hulle is gedoop en Christus het gesê hulle behoort aan Hom.
27 Christus het gesterf sodat die kerk sy bruid kan wees, ’n bruid wat baie mooi is. Christus wou hê die gelowiges moet niks sonde doen nie en hulle moet heeltemal reg lewe.
28 Die mans moet so lief wees vir hulle vroue, so lief soos Christus vir die kerk is. Ja, die mans moet lief wees vir hulle vroue, so lief soos hulle vir hulleself is. As mans lief is vir hulle vroue, dan is hulle ook lief vir hulleself.
29 Mense is altyd lief vir hulleself en hulle sorg goed vir hulle eie liggame. Christus sorg ook so vir sy liggaam, die kerk,
30 en ons behoort almal aan die kerk, sy liggaam.
31 In die Ou Testament is geskryf: Daarom sal ’n man weggaanvan sy pa en sy maen hy sal saammet sy vrou lewe.Hulle twee salsoos een mens wees.
32 Dit is baie moeilik om te verstaan hoe ’n man en ’n vrou een kan wees. Ek sê dit is net so moeilik om te verstaan hoe Christus en die kerk een is.