10 Ek vra vir jou mooi om vir Onesimus te help. Hy is soos my eie kind, want terwyl ek in die tronk was, het ek vir hom soos ’n pa geword toe ek vir hom die goeie boodskap van Christus Jesus gebring het.
11 Voorheen het Onesimus nie vir jou gehelp nie, maar nou kan hy vir jou en vir my help.
12 Ek het hom na jou toe gestuur, hy is vir my baie kosbaar.
13 Ek wou hom by my hou sodat hy vir my kon help. Jy kan nie vir my help nie, want ek is in die tronk omdat ek vir mense die goeie boodskap gebring het.
14 Maar ek wou niks doen nie, ek wou weet dat jy ook dink dit is reg. Dan kon jy ’n goeie ding doen, nie omdat iemand gesê het jy moet dit doen nie, maar omdat jy self lus was om dit te doen.
15 Want miskien is dit hoekom Onesimus ’n kort tyd weg was van jou. Hy was weg sodat jy hom vir altyd kan terugkry.
16 En nou kry jy hom terug, en hy is nie meer ’n slaaf nie, hy is nou iemand wat meer is as ’n slaaf. Ja, hy is ’n vriend, ek is baie lief vir hom. Maar jy is baie meer lief vir hom, want hy is nog jou slaaf en hy behoort nou ook aan die Here.