15 Want miskien is dit hoekom Onesimus ’n kort tyd weg was van jou. Hy was weg sodat jy hom vir altyd kan terugkry.
16 En nou kry jy hom terug, en hy is nie meer ’n slaaf nie, hy is nou iemand wat meer is as ’n slaaf. Ja, hy is ’n vriend, ek is baie lief vir hom. Maar jy is baie meer lief vir hom, want hy is nog jou slaaf en hy behoort nou ook aan die Here.
17 Wanneer jy aan my gedink het, dan het jy altyd geweet dat ek saam met jou vir die Here werk. Daarom moet jy vir Onesimus aanvaar soos jy vir my aanvaar het.
18 Maar as hy iets verkeerd gedoen het teen jou of as hy iets vir jou skuld, dan moet jy dit vir my sê. Dan skuld ek dit vir jou.
19 Ek, Paulus, skryf nou met my eie hand: Ek belowe dat ek alles sal terugbetaal wat jy verloor het. Maar jy moet onthou dat jy vir my ook iets skuld, jy is ’n gelowige omdat ek die goeie boodskap vir jou gebring het.
20 Ja, my vriend, jy moet dit asseblief vir my doen omdat jy ook aan die Here behoort, jy moet my bly maak omdat jy ook aan Christus behoort.
21 Ek skryf vir jou omdat ek seker is dat jy sal doen wat ek vra. Ek weet dat jy meer sal doen as wat ek vir jou vra.