19 want julle bid vir my, en die Gees van Jesus Christus help my. Daarom weet ek dat God alles wat gebeur, sal gebruik om my te red.
20 Ek hoop en ek weet seker dat God my sal help en dat Hy my nie sal los nie. Ja, ek wil altyd, soos voorheen, graag wys dat Christus die belangrikste is. Daarom maak dit nie saak of ek sal lewe en of ek sal sterf nie.
21 As ek lewe, dan lewe ek vir Christus, en as ek sterf, dan is dit vir my nog beter.
22 Ek weet nie wat ek moet kies nie. As ek aanhou lewe, dan kan ek goeie werk doen,
23 maar ek wil graag sterf om by Christus te wees, want dit is die beste. En dit is vir my regtig baie moeilik om te kies of ek moet aanhou lewe en of ek moet sterf.
24 Maar vir julle is dit belangriker dat ek sal aanhou lewe.
25 Ja, ek is seker daarvan. Daarom weet ek dat ek sal aanhou lewe en nog saam met julle almal sal wees, sodat julle geloof kan groei en sodat dit julle bly kan maak.