7 Dit is heeltemal reg dat ek so oor julle dink, want julle is lief vir my. Julle almal dink altyd aan my en julle weet hoe goed God vir my is terwyl ek nou ’n gevangene is en hier kan vertel dat die goeie boodskap reg en waar is.
8 God weet hoe baie ek na julle verlang. Hy weet ek is so lief vir julle soos Christus Jesus lief is vir julle.
9 Ek bid dat julle liefde meer en meer sal word sodat julle alles beter sal verstaan en sal weet
10 watter dinge is die regte dinge om te doen. Dan sal julle harte heeltemal skoon wees wanneer Christus weer kom, en niemand sal kan sê dat julle vir hom probleme gegee het nie.
11 Ja, Jesus Christus sal julle help om baie goeie dinge te doen, en so sal julle vir almal wys dat julle God prys en dien.
12 Vriende, ek wil hê julle moet weet dat al die dinge wat met my gebeur het, gehelp het dat meer mense die goeie boodskap hoor.
13 Want al die mense van die keiser wat my hier oppas en ook die ander mense weet nou dat ek ’n gevangene is omdat ek aan Christus behoort.