26 want hy verlang na julle almal en hy is bekommerd, hy weet julle het gehoor dat hy siek was.
27 Epafroditos was regtig baie siek en hy het amper gesterf. Maar God was goed vir hom en hy het weer gesond geword. Ja, God was goed vir Epafroditos en ook vir my, want as hy gesterf het, dan sou ek nog baie swaarder gekry het.
28 Ek stuur hom baie gou terug sodat julle hom self kan sien en weer bly kan wees. Dan sal ek minder bekommerd wees.
29 Wanneer Epafroditos terug is by julle, dan moet julle bly wees en sê hy is welkom by julle omdat hy en julle aan die Here behoort. Ja, julle moet mense soos Epafroditos respekteer.
30 Hy het amper gesterf omdat hy vir Christus gewerk het. Epafroditos het geweet dit is gevaarlik, maar hy het my kom help, hy het gedoen wat julle nie kon doen nie.