4 Julle moenie net aan julleself dink nie, julle moet ook aan die ander gelowiges dink.
5 Julle moet dink en doen soos Christus Jesus gedink en gedoen het:
6 Hy was dieselfde soos God,maar Hy het nie gedinkdat Hy altyd moet aanhouom so belangrik soos Godte wees nie.
7 Hy het Homself vernederen Hy het geword soos ’n slaaf,Hy het ’n mens geword soos ons.Toe Hy ’n mens geword het,
8 het Hy Homselfnog meer verneder,Hy was gehoorsaamen Hy het gesterf.Ja, Hy het aan die kruis gesterf.
9 Daarom het God Hombelangrik gemaak,baie belangrik.En God het vir Hom’n Naam gegee,die belangrikste van al die Name,die Naam “Here.”
10 Daarom sal almalvir Jesus aanbid,almal in die hemelen op die aardeen onder die aarde.