18 Ek weet nou God spreek mense vry van hulle sonde omdat hulle in Christus glo. Ek kan nie nou ’n ander boodskap preek nie, want dan doen ek nie wat God wil hê nie.
19 Christus het aan die kruis gesterf, en ek het saam met Hom gesterf. Daarom, die wette het my laat sterf, maar nou is ek los van die wette, en nou lewe ek om God te eer.
20 Dit is nie ék wat lewe nie, dit is Chrístus wat in my lewe. Ek lewe nou só: Ek glo in die Seun van God, die Seun wat lief is vir my en wat gesterf het sodat ek kan lewe.
21 Party mense sê God spreek mense vry omdat hulle doen wat die wette sê. Dit is nie waar nie. As dit waar is, dan help dit niks dat Christus gesterf het nie. Nee, ek kan nie die genade van God weggooi nie.