15 Julle het baie gelukkig gevoel. As julle kon, dan sou julle toe julle oë uitgehaal het om dit vir my te gee. Maar nou is julle heeltemal anders!
16 Julle moenie dink ek is nou julle vyand omdat ek die waarheid praat nie!
17 Daardie mense by julle wil vir julle baie dinge doen, maar dit is verkeerde dinge. Hulle wil julle weghou van my, want hulle wil hê julle moet vir hulle dinge doen.
18 Julle moet onthou: Julle moet elke dag goeie dinge doen, wanneer ek by julle is, en ook wanneer ek nie by julle is nie.
19 Julle is vir my soos my kinders, julle laat my nou weer baie swaar kry, en dit sal aanhou totdat Christus die belangrikste is in julle lewens.
20 Ek wens ek was nou daar by julle. Dan kon ek op ’n ander manier met julle probeer praat, want ek weet nie wat om nou vir julle te sê nie.
21 Julle wil so graag slawe wees van die Wette van Moses, maar julle luister nie goed wat die wette sê nie.