27 In die Ou Testament is geskryf: Jy is soos ’n vrouwat nie kinders kon kry nie,maar jy moet juigen baie bly wees,want jy wat alleen was,sal meer kinders hêas ’n getroude vrou.
28 Vriende, Isak is gebore omdat God ’n belofte gemaak het. So het julle ook kinders van God geword omdat God dit belowe het.
29 Daardie tyd het die een seun, die seun wat gebore is soos al die ander kinders, die ander seun laat swaarkry. Die ander seun is gebore nadat die Gees van God dit belowe het. Dieselfde gebeur nou daar by julle in Galasië.
30 Daarom moet julle doen wat in die Ou Testament geskryf is: Julle moet die slavinen haar seun wegjaag,want haar seun mag nie erfsaam met die ander seun nie.Die seun van die vrouwat nie ’n slavin is nie,moet alleen erf.
31 Ja, vriende, ons is nie kinders van ’n slavin nie. Ons is kinders van die vrou wat nie ’n slavin is nie.