9 Maar nou ken julle vir God, of, dit is beter om te sê dat God nou vir julle ken. Daarom moet julle nie nou weer teruggaan en slawe word van die Wette van Moses nie, wette wat niks beteken nie.
10 Julle probeer om al die feeste te vier wat die Jode vier, elke dag en maand en tyd wat die Jode vier. Dit is verkeerd.
11 Daarom is ek bekommerd dat al my harde werk niks gehelp het vir julle nie.
12 Vriende, ek vra baie mooi vir julle: Julle moet word soos ek, want ek het voorheen geword soos julle. Julle was toe goed vir my.
13 Julle weet ek het die eerste maal daar by julle die goeie boodskap gepreek omdat ek siek was.
14 Julle het baie swaar gekry omdat ek siek was, maar julle het my nie daaroor gehaat nie en julle was nie skaam oor my nie. Julle het my gehelp en ek was welkom by julle soos ’n engel van God, ja, soos Christus Jesus self.
15 Julle het baie gelukkig gevoel. As julle kon, dan sou julle toe julle oë uitgehaal het om dit vir my te gee. Maar nou is julle heeltemal anders!