16 “Vriende, die Heilige Gees het lank gelede vir Dawid gebruik om in die Ou Testament iets te sê oor Judas. Julle weet dat Judas vir die Joodse leiers gesê het hoe hulle vir Jesus kan vang. Daardie woorde in die Ou Testament móés waar word, en dit hét gebeur.
17 Want Judas was een van ons en hy het die werk van ’n apostel gedoen.
18 Judas het ’n stuk grond gekoop met die omkoopgeld wat hy van die Joodse leiers gekry het. ’n Paar dae later het hy vooroor geval, sy maag het oopgebars en sy derms het uitgekom.
19 Die mense van Jerusalem weet almal daarvan. Hulle noem daardie stuk grond in hulle eie taal ‘Akeldama,’ dit beteken ‘Bloedgrond.’
20 Want in die Psalms is daar geskryf:“Sy woonplek moet’n woestyn word,daar moet niemand woon nie,“en“iemand anders moetsy werk doen.
21 “Ons moet nou ’n man kies in Judas se plek. Hy moet iemand wees wat die hele tyd by ons was toe die Here Jesus sy werk gedoen het op die aarde,
22 van die tyd toe Johannes gedoop het totdat Jesus na die hemel gegaan het. Hy moet saam met ons ’n getuie wees dat Jesus weer lewe nadat Hy gesterf het. Ons moet so ’n persoon kies.”