7 Maar Jesus het vir hulle gesê: “Julle mag nie weet wanneer die Vader die dinge sal doen wat Hy graag wil doen nie. Net Hy kan besluit wanneer Hy dit sal doen.
8 Maar julle sal krag kry wanneer die Heilige Gees in julle kom. Dan sal julle my getuies wees in Jerusalem, in die hele Judea en Samaria, en tot by die einde van die wêreld.”
9 Nadat Jesus hierdie dinge gesê het, het God vir Jesus opgeneem na die hemel, terwyl die apostels gestaan en kyk het. En ’n wolk het vir Jesus toegemaak sodat hulle Hom nie meer kon sien nie.
10 Terwyl Jesus weggegaan het en die apostels na die hemel gekyk het, het daar skielik twee manne by hulle gestaan, die manne het wit klere aangehad.
11 Die manne het gesê: “Manne van Galilea, hoekom kyk julle so na die hemel? God het vir Jesus weggeneem na die hemel, maar dieselfde Jesus sal weer kom soos julle gesien het dat Hy weggaan na die hemel.”
12 Die apostels was op die Olyf-berg, naby Jerusalem, so ver soos ’n mens op die Sabbatdag mag loop. Hulle het toe teruggegaan na Jerusalem.
13 Toe hulle in Jerusalem kom, het hulle na die huis se bo-kamer gegaan waar hulle gebly het. Die apostels se name was: Petrus en Johannes en Jakobus en Andreas, Filippus en Tomas, Bartolomeus en Matteus, Jakobus die seun van Alfeus, Simon die patriot en Judas die seun van Jakobus.