30 Kornelius sê toe vir hom: “Drie dae gelede, op presies hierdie selfde tyd, drie-uur in die middag, was ek besig om te bid in my huis. Skielik het daar ’n man met blink klere voor my gestaan
31 en hy het gesê: ‘Kornelius, God het geluister na jou gebed en Hy het die goeie dinge gesien wat jy gedoen het.
32 Jy moet nou mense na die stad Joppe stuur om vir Simon te gaan haal. Die mense noem vir Simon ook Petrus. Hierdie Simon Petrus woon daar by ’n ander Simon, ’n leerlooier, sy huis is by die see.’
33 Daarom het ek dadelik mense na jou toe gestuur, en jy was baie vriendelik om hiernatoe te kom. Ons almal is nou hier bymekaar waar God ons kan sien. Ons is hier om te luister na alles wat die Here vir jou gesê het om vir ons te sê.”
34 Toe het Petrus begin praat en gesê: “Ek verstaan nou waarlik dat God nie dink een persoon is belangriker as ’n ander persoon nie.
35 Nee, in elke volk hou God van die mense wat Hom respekteer en wat die dinge doen wat God wil hê.
36 Julle ken die boodskap wat God vir die Israeliete gestuur het. Jesus Christus het daardie goeie boodskap van vrede vir hulle gebring. En Hý, Jesus, is die Here van almal.