19 Nadat Stefanus gesterf het, het die Jode vir die gelowiges baie swaar laat kry en hulle het die gelowiges uit die land gejaag. Die gelowiges het deur die land gegaan, party het tot by die land Fenisië gegaan en ander het na die eiland Siprus en die stad Antiogië gegaan, en hulle het die boodskap van Christus net vir Jode gebring.
20 Party van hierdie gelowiges het van die eiland Siprus en van die stad Sirene na die stad Antiogië gekom. Hulle het ook gesels met die Jode wat Grieks gepraat het, en hulle het die goeie boodskap van die Here Jesus vir daardie Jode gebring.
21 Die Here het hulle gehelp, en baie mense het in die Here begin glo en hulle het begin lewe soos Hy wil hê hulle moet lewe.
22 Die gemeente in Jerusalem het gehoor wat daar in Antiogië gebeur het, en hulle het vir Barnabas gestuur om na Antiogië te gaan.
23 Toe Barnabas daar kom en hy sien hoe goed God vir hulle was, was hy bly en het hy aangehou om hulle almal te bemoedig om aan te hou om die Here Jesus te dien, soos hulle besluit het om te doen.
24 Barnabas was ’n goeie man, die Heilige Gees was in hom en hy het sterk in die Here Jesus geglo. Baie mense in die stad het in die Here Jesus begin glo.
25 Barnabas het toe na die stad Tarsus gegaan om vir Saulus te soek.