1 In daardie tyd het koning Herodes party van die gelowiges gevang en hy het slegte dinge aan hulle gedoen.
2 Hy het Jakobus, die broer van Johannes, laat doodmaak met ’n swaard.
3 Toe Herodes sien dat die Jode dink dit is goed, het hy ook vir Petrus laat vang. Dit alles het gebeur toe dit die tyd van die Fees van die Ongesuurde Brood was.
4 Nadat Herodes vir Petrus laat vang het, het Herodes hom in die tronk laat gooi en hy het Petrus vir vier groepe soldate gegee. Daar was vier soldate in elke groep. Die soldate moes vir Petrus oppas. Herodes wou vir Petrus ná die Paasfees voor die volk bring om hom te oordeel.
5 Die soldate het toe vir Petrus in die tronk toegesluit. Maar die gemeente het baie ernstig tot God gebid om vir Petrus te help.
6 Die Paasfees was verby, en Herodes wou die volgende dag vir Petrus bring om voor die volk te staan. In die nag voordat Herodes dit wou doen, het hulle vir Petrus met kettings vasgemaak aan twee soldate, en hy moes tussen die soldate slaap. Daar was ook wagte wat die deur van die tronk opgepas het.