10 Hulle het verby die eerste en die tweede plek gegaan waar die wagte gestaan het, en toe kom hulle by die ysterhek waardeur ’n mens na die stad gaan. Die hek het self oopgegaan vir hulle. Hulle het uitgegaan en hulle het in ’n smal straatjie geloop, en toe het die engel skielik weggegaan van Petrus.
11 Toe het Petrus verstaan wat regtig gebeur het en hy het gesê: “Nou weet ek waarlik dat die Here sy engel gestuur het en dat die engel my gered het van Herodes. Hy het my ook gered van alles wat die hele Joodse volk gedink het sal gebeur.”
12 Petrus het toe verstaan wat gebeur het, en daarom het hy na die huis van Maria gegaan. Sy was die ma van Johannes, Johannes se ander naam was Markus. Baie mense het daar bymekaargekom en hulle was besig om te bid.
13 Petrus het aan die deur van die huis geklop. ’n Vrou wat daar gewerk het, het kom kyk wie by die deur is. Die vrou se naam was Rodé.
14 Toe sy hoor dat dit Petrus is wat praat, was sy so bly dat sy nie die deur oopgemaak het nie. Sy het in die huis ingehardloop en vir die mense vertel dat Petrus voor die deur staan.
15 Maar hulle het vir haar gesê: “Jy is mal!”Sy het aangehou om te sê sy is seker dat dit Petrus is. Hulle sê toe: “Dit is Petrus se engel.”
16 Maar Petrus het aangehou om aan die deur te klop. Nadat hulle die deur oopgemaak het, het hulle gesien dit is Petrus en hulle was baie verbaas.