7 Maar skielik het ’n engel van die Here by Petrus gestaan en ’n lig het in die tronk geskyn. Die engel het aan Petrus se sy geraak en hy het vir Petrus wakker gemaak en vir hom gesê: “Staan gou op!”Die kettings het afgeval van Petrus se hande.
8 Die engel sê toe vir Petrus: “Maak jou belt vas en trek jou skoene aan!”Petrus het dit gedoen en die engel sê toe vir Petrus: “Trek jou bo-kleed aan en kom saam met my.”
9 Petrus het uitgegaan en hy het saam met die engel gegaan. Petrus het nie besef dat dit alles regtig gebeur nie. Hy het gedink hy droom dat die engel dit doen.
10 Hulle het verby die eerste en die tweede plek gegaan waar die wagte gestaan het, en toe kom hulle by die ysterhek waardeur ’n mens na die stad gaan. Die hek het self oopgegaan vir hulle. Hulle het uitgegaan en hulle het in ’n smal straatjie geloop, en toe het die engel skielik weggegaan van Petrus.
11 Toe het Petrus verstaan wat regtig gebeur het en hy het gesê: “Nou weet ek waarlik dat die Here sy engel gestuur het en dat die engel my gered het van Herodes. Hy het my ook gered van alles wat die hele Joodse volk gedink het sal gebeur.”
12 Petrus het toe verstaan wat gebeur het, en daarom het hy na die huis van Maria gegaan. Sy was die ma van Johannes, Johannes se ander naam was Markus. Baie mense het daar bymekaargekom en hulle was besig om te bid.
13 Petrus het aan die deur van die huis geklop. ’n Vrou wat daar gewerk het, het kom kyk wie by die deur is. Die vrou se naam was Rodé.