12 Toe die goewerneur sien wat gebeur het, het hy in Jesus geglo, en hy was baie verbaas oor wat die mense oor die Here geleer het.
13 Paulus en sy vriende het met ’n skip weggeseil van die hawe van Pafos en hulle het aangekom by die stad Perge in die provinsie Pamfilië. Johannes het daar weggegaan van hulle en hy het teruggegaan na Jerusalem.
14 Maar Paulus en die ander vriende het van Perge verder gegaan na die stad Antiogië in die provinsie Pisidië. Op die Sabbatdag het hulle in die sinagoge ingegaan en gaan sit.
15 Nadat iemand ’n deel uit die Wette van Moses en ’n deel uit die boeke van die profete gelees het, het die leiers van die sinagoge iemand na Paulus en sy vriende toe gestuur om vir hulle te sê: “Vriende, as iemand van julle iets wil sê om die volk te bemoedig, dan moet julle nou praat.”
16 Paulus het toe opgestaan en hy het met sy hand gewys dat hulle moet stilbly. Hy het gesê:“Israeliete, en julle ander wat vir God respekteer, julle moet luister na wat ek sê.
17 Die God van hierdie volk Israel het ons voorouers gekies, en toe hulle vreemdelinge in die land Egipte was, het Hy die volk baie meer laat word. Hy het gewys hoe sterk Hy is en Hy het die volk Israel uitgelei uit Egipte.
18 God was omtrent 40 jaar lank baie geduldig met hulle in die woestyn.