16 Paulus het toe opgestaan en hy het met sy hand gewys dat hulle moet stilbly. Hy het gesê:“Israeliete, en julle ander wat vir God respekteer, julle moet luister na wat ek sê.
17 Die God van hierdie volk Israel het ons voorouers gekies, en toe hulle vreemdelinge in die land Egipte was, het Hy die volk baie meer laat word. Hy het gewys hoe sterk Hy is en Hy het die volk Israel uitgelei uit Egipte.
18 God was omtrent 40 jaar lank baie geduldig met hulle in die woestyn.
19 Toe het God sewe volke in die land Kanaän verwoes en Hy het die land vir die Israeliete gegee om hulle land te wees,
20 omtrent 450 jaar lank. En toe het God leiers gegee om oor hulle te regeer totdat Samuel, die profeet gekom het.
21 En toe het die Israeliete ’n koning gevra, en God het Saul gegee om hulle koning te wees. Saul was die seun van Kis, ’n man uit die Benjamin-stam. Saul was 40 jaar lank koning.
22 En nadat God vir Saul laat ophou het om koning te wees, het Hy vir Dawid gekies en aangestel om koning te wees oor die Israeliete. God het gesê: ‘Ek het gesien dat Dawid, die seun van Isai, ’n man is wat lewe soos Ek wil hê. Hy sal alles doen wat Ek wil hê.’