30 Nadat die mense in Jerusalem vir Judas, Silas, Barnabas en Paulus laat gaan het, het hulle na die stad Antiogië in die provinsie Sirië gegaan. Daar het hulle al die gelowiges geroep om bymekaar te kom en hulle het die brief vir hulle gegee.
31 Toe die gelowiges die brief gelees het, was hulle baie bly oor die boodskap, dit het vir hulle bemoedig.
32 Judas en Silas was self ook profete en hulle het lank met die gelowiges gepraat om hulle te bemoedig en om hulle geloof sterker te maak.
33 Nadat Judas en Silas ’n tyd lank daar gebly het, het die gelowiges hulle laat gaan, en hulle het groete gestuur vir die mense in Jerusalem wat vir Judas en Silas na Antiogië gestuur het.