35 Maar Paulus en Barnabas het ’n tyd lank in Antiogië gebly. Daar het hulle saam met baie ander gelowiges vir die mense geleer en hulle het die goeie boodskap van die Here gebring.
36 Ná ’n tyd het Paulus vir Barnabas gesê: “Kom ons gaan terug om te kyk hoe dit met die gelowiges gaan in elke stad waar ons die boodskap van die Here gebring het.”
37 Barnabas wou toe vir Johannes ook saamneem. Johannes se ander naam was Markus.
38 Maar Paulus het nie gedink dat dit reg is om Johannes saam met hulle te neem nie, want hy het weggegaan van hulle toe hulle in die provinsie Pamfilië was en hy het nie verder saam met hulle gegaan om die werk te doen nie.
39 Paulus en Barnabas het toe begin stry en hulle het toe weggegaan van mekaar. Barnabas het vir Markus saamgeneem en hulle het met ’n skip na die eiland Siprus geseil.