36 Ná ’n tyd het Paulus vir Barnabas gesê: “Kom ons gaan terug om te kyk hoe dit met die gelowiges gaan in elke stad waar ons die boodskap van die Here gebring het.”
37 Barnabas wou toe vir Johannes ook saamneem. Johannes se ander naam was Markus.
38 Maar Paulus het nie gedink dat dit reg is om Johannes saam met hulle te neem nie, want hy het weggegaan van hulle toe hulle in die provinsie Pamfilië was en hy het nie verder saam met hulle gegaan om die werk te doen nie.
39 Paulus en Barnabas het toe begin stry en hulle het toe weggegaan van mekaar. Barnabas het vir Markus saamgeneem en hulle het met ’n skip na die eiland Siprus geseil.
40 Maar Paulus het vir Silas gekies om saam met hom te gaan. Nadat die gelowiges tot die Here gebid het om vir Paulus en Silas genadig te wees, het Paulus en Silas weggegaan.
41 Hulle het deur die provinsies Sirië en Silisië gegaan en hulle het die gemeentes bemoedig.