8 Die leiers en baie mense in die stad wat hierdie dinge gehoor het, het bekommerd geword.
9 Ander gelowiges het vir Jason gehelp en hulle het vir hom borg gestaan. Toe die leiers genoeg geld gekry het, het hulle vir Jason en die ander gelowiges vry laat weggaan.
10 Toe dit donker geword het, het die gelowiges dadelik vir Paulus en Silas na Berea gestuur. Toe hulle daar aankom, het hulle na die sinagoge van die Jode gegaan.
11 Hierdie Jode was anders as die Jode in Tessalonika, hulle wou graag leer en hulle het baie graag geluister na wat Paulus en sy vriende vertel het. Hulle het elke dag die Ou Testament baie goed gelees om te kyk of die dinge waar is wat Paulus en sy vriende vertel het.
12 Baie van die Jode en van die belangrike Griekse vroue en mans het in die Here Jesus begin glo.
13 Maar toe die Jode van die stad Tessalonika hoor dat Paulus ook in die stad Berea vir die mense die boodskap van God gebring het, het hulle ook daarnatoe gekom en hulle het baie mense opstandig en kwaad gemaak.
14 Die gelowiges het toe dadelik vir Paulus weggestuur na die see toe, maar Silas en Timoteus het altwee in Berea gebly.