1 Terwyl Apollos in die stad Korinte was, het Paulus deur ander plekke in die provinsie Asië gegaan en hy het in die stad Efese gekom. Daar het hy ’n paar gelowiges gekry
2 en hy het vir hulle gevra: “Het die Heilige Gees in julle gekom toe julle in Jesus begin glo het?”Hulle antwoord toe vir Paulus: “Nee, ons het nie die Heilige Gees gekry nie en ons het ook nog nie gehoor dat daar ’n Heilige Gees is nie.”
3 Paulus vra toe vir hulle: “Met watter doop is julle gedoop?”Hulle het vir Paulus gesê: “Ons is gedoop met die doop van Johannes die Doper.”
4 Maar Paulus het gesê: “Johannes het mense gedoop sodat hulle sal verander en sal lewe soos God wil hê. Johannes het ook vir die volk gesê dat hulle in die Een moet glo wat later sal kom. Daardie Persoon is Jesus.”
5 En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus.
6 Paulus het sy hande op hulle gesit, en toe het die Heilige Gees in hulle gekom. Hulle het begin om in tale te praat en om die boodskap van God te bring.