3 Paulus vra toe vir hulle: “Met watter doop is julle gedoop?”Hulle het vir Paulus gesê: “Ons is gedoop met die doop van Johannes die Doper.”
4 Maar Paulus het gesê: “Johannes het mense gedoop sodat hulle sal verander en sal lewe soos God wil hê. Johannes het ook vir die volk gesê dat hulle in die Een moet glo wat later sal kom. Daardie Persoon is Jesus.”
5 En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus.
6 Paulus het sy hande op hulle gesit, en toe het die Heilige Gees in hulle gekom. Hulle het begin om in tale te praat en om die boodskap van God te bring.
7 Hulle almal saam was omtrent twaalf mans.
8 Paulus het toe na die sinagoge gegaan en hy het drie maande lank elke dag met die Jode gepraat. Hy was nie bang nie, hy het vir hulle gesê dat God Koning is oor almal. Hy het hard probeer dat hulle dit ook moet glo, soos hy.
9 Maar party van die Jode het hardkoppig gebly en hulle het ongelowiges gebly. Hulle het aangehou om sleg te praat van “Die Pad,” hulle het dit gedoen waar al die mense dit kon hoor. Paulus het toe weggegaan van die Jode en hy het die gelowiges weggeneem saam met hom. Hy het toe elke dag met hulle gepraat in die skool van Tirannus.