33 Die Jode het vir Aleksander vorentoe gestoot, en party van die mense het toe vir hom gesê wat hy moet sê. Hy wys toe met sy hand dat hy vir die vergadering van die volk wou sê wat gebeur het.
34 Toe hulle uitvind dat Aleksander ’n Jood is, het hulle almal saam omtrent twee uur lank aangehou skree en gesê: “Artemis van die Efesiërs is baie belangrik!”
35 Die hoof-amptenaar het die mense stilgemaak, en toe het hy vir hulle gesê: “Efesiërs, al die mense weet dat die stad van die Efesiërs die tempel van die groot Artemis beskerm, en die stad beskerm ook Artemis se beeld wat uit die hemel geval het.
36 Dit is die waarheid, niemand kan oor hierdie dinge stry nie. Julle moet nou kalm en rustig wees en julle moenie haastig wees om iets verkeerd te doen nie.
37 Want julle het hierdie mans hiernatoe gebring, maar hulle is nie mense wat dinge uit tempels steel nie én hulle is ook nie mense wat slegte dinge van ons godin sê nie.
38 Daar is goewerneurs en die hof is oop. As Demetrius en die ambagsmanne saam met hom iemand wil beskuldig, dan moet hulle hom na die hof vat.
39 Maar as julle ook oor iets anders wil praat, dan moet die volksvergadering daaroor besluit.