15 Julle dink hierdie mense is dronk, maar hulle is nie, want dit is nou nege-uur in die oggend.
16 Die dinge wat hier gebeur, is die dinge waaroor die profeet Joël gepraat het:
17 “God het gesê:“Dit sal só wees in die laaste dae:Ek sal my Gees geevir al die mense:Julle seuns en julle dogterssal God se boodskap bring.Julle jongmanne sal dinge sienwat die Here vir hulle wys,en julle ou mannesal drome droom.
18 Ja, in die laaste dae sal Ekmy Gees gee vir elke manen vrou wat vir My werk,en hulle sal God se boodskapbring.
19 En Ek sal wondertekens geebo in die hemelen tekens onder op die aarde:bloed en vuur en rook.
20 Die son sal heeltemaldonker word,en die maan sal word soos bloed.Dan sal die groot en belangrike dag van die Here kom.
21 En dit sal só wees:Die Here sal almal redwat tot Hom bid,almal wat vra dat Hyhulle moet red.