38 En Petrus het vir hulle gesê: “Julle moet verander en julle moet lewe soos God wil hê. Julle almal moet gedoop word in die Naam van Jesus Christus. Dan sal God julle sondes vergewe, en God sal die Heilige Gees vir julle gee.
39 Want God het dit belowe vir julle en vir julle kinders en ook vir al die mense wat nie Jode is nie. Ja, Hy belowe dit vir al die mense wat die Here ons God na Hom toe sal roep.”
40 Petrus het nog baie ander dinge gesê, hy het die mense gewaarsku en hy het ernstig met hulle gepraat. Hy het gesê: “Julle moet vir God vra om julle te red, julle moenie wees soos die wêreld se mense wat sonde doen nie.”
41 Die mense wat besluit het om te doen wat Petrus sê, is gedoop. En God het nog omtrent 3 000 mense op daardie dag gelowiges laat word.
42 Die gelowiges het aangehou om die dinge te doen wat die apostels vir hulle geleer het en hulle was altyd saam. Hulle het ook altyd saam geëet en gebid.
43 Toe die ander Jode die wonderwerke en die tekens sien wat God die apostels laat doen het, het hulle almal besef dat dit God is wat dit laat gebeur.
44 Al die gelowiges was bymekaar, en hulle goed het aan hulle almal behoort.