8 Die volgende dag het ons verder gegaan en ons het by die stad Sesarea gekom. Daar het ons na die huis van Filippus gegaan en ons het by hom gebly. Hy was een van sewe leiers wat die goeie boodskap van God in Sesarea gebring het.
9 Filippus het vier dogters gehad, hulle was nog nie getroud nie. Die vier dogters was profete.
10 Ons het ’n lang tyd daar gebly. Terwyl ons daar was, het ’n profeet van Judea daar aangekom. Sy naam was Agabus.
11 Agabus het na ons toe gekom en hy het Paulus se belt gevat. Agabus het sy eie hande en voete met die belt vasgebind en gesê: “Die Heilige Gees sê die Jode in Jerusalem sal die man wat altyd hierdie belt dra, só vasbind. En hulle sal hom dan vir die heidene gee.”
12 Toe ons hoor wat Agabus sê, het ons en die gelowiges wat daar woon, vir Paulus ernstig gevra om nie na Jerusalem te gaan nie.
13 Toe sê Paulus: “Wat doen julle nou? Julle huil en julle maak my hartseer! Ek is gereed om te gaan. Die mense kan my vang in Jerusalem, dit maak nie saak nie. Ja, ek is ook gereed om in Jerusalem te sterf vir die Naam van die Here Jesus.”
14 Paulus wou nie luister na wat ons vir hom sê nie, en daarom het ons stilgebly. Ons het net gesê: “Ons bid dat die Here sal doen wat Hy wil doen.”