20 En Stefanus was u getuie. Toe die mense vir Stefanus doodgemaak het, het ek self daar gestaan en ek het gesê hulle doen reg. Ek het ook die klere opgepas van die mense wat hom doodgemaak het.’
21 “En Christus het vir my gesê: ‘Jy moet nou gaan, want Ek sal jou ver wegstuur na die heidene toe.’ ”
22 Die Jode het tot hier geluister na wat Paulus sê. Toe het hulle hard begin skree en hulle het gesê: “Julle moet hom wegvat en doodmaak! Iemand soos hy mag nie lewe nie!”
23 Hulle het niks gehou van wat Paulus gesê het nie, hulle het geskree en hulle het party van hulle klere uitgetrek en stof in die lug gegooi.
24 Die hoof-offisier het vir die soldate gesê hulle moet vir Paulus na die soldate-kamp neem en hulle moet hom met ’n sweep slaan totdat hy sê wat hy verkeerd gedoen het. Die hoof-offisier wou weet hoekom die Jode so geskree en geraas het teen Paulus.
25 Die soldate het begin om Paulus met toue vas te maak. Die offisier het by hulle gestaan, en Paulus het vir hom gesê: “Ek is ’n Romeinse burger. Julle mag my nie met ’n sweep slaan nie, want ’n regter het my nog nie ge-oordeel nie.”
26 Toe die offisier hoor wat Paulus sê, het hy vir die hoof-offisier gaan sê: “Wat gaan jy nou doen? Hierdie man is ’n Romeinse burger.”